Raak betrokke op hierdie wyse...Bid
Eerstens vra ons dat u vir ons bid. Daar is baie logistieke, finansiële en administratiewe dinge wat goed saam moet werk sodat ons die jongmense wat die kampe bywoon tot die beste van ons vermoëns kan dien.Ons het ook gebed nodig vir die groepleiers, predikante en die kosspanlede. Hul insette en geestelike leiding wys God se liefde en genade vir die jongmense. Ons glo dat gebed ʼn kragtige uitwerking het en dat dit noodsaaklik is vir die kamp om vlot te verloop. Vertel Mootkamp is 'n onvergeetlike ervaring. En ook baie keer lewensveranderend. Vra vir enige iemand wat al op 'n Mootkamp was en hulle sal dit bevestig! Deur mense te vertel van Mootkamp word jy deel van hierdie ervaring (indien jy nie klaar is nie) en so ook deel van ʼn familie wat werklik ʼn koninkryksvisie koester en uitleef. Nooi al jou vriende en familie en kom Moot saam! Gee Hulle sê dit is lekkerder om te gee as om te ontvang. Ons glo dit is die werklikheid. Jongmense (studente, jong werkendes en predikante) offer hulle tyd, vakansie en geld op om die jeug te bedien. Ons vra dat jy ook sal gee op enige manier wat jy moontlik kan. Borge Mootkamp het geen inkomste behalwe ons kampkostes nie, en probeer die kampkostes bekostigbaar maak vir almal. Ons borg ook elke jaar ‘n aantal kinders wat van Kinderhuise af kom, of nie die finansiële vermoë het om te betaal nie. Gevolglik het ons ‘n tekort aan finansiële hulpbronne, en werk deur die hele jaar om borge in te samel. Indien u voel dat u die vermoë het, en graag ‘n finansiële bydrae sal wil lewer, word dit altyd opreg waardeer en verander kinders se lewens. Indien jy nog nie seker is nie en graag in persoon meer wil uitvind hoe jy kan help, kontak ons gerus en ons kan gesels oor ’n warm koppie koffie. Kontakinligting
(vir Gr 10 - 12 kamp) Ds. Jacques Tredoux jacques@gkbrooklyn.co.za 084 049 6216 OF Waldo Krige wkrige.wak@gmail.com 061 421 9990 OF Karli Snyman karlisny@gmail.com 074 580 2889 |
Kontak ons
|
© COPYRIGHT 2021 ALL RIGHTS RESERVED.
|