MOOTKAMP
  • Home
  • Kampinligting
  • Fotos
  • Raak Betrokke
  • Kontak ons
  • Inskrywingsvorm/ Bewys v. Betaling
Picture
Inskrywingsvorm/ Bewys v. BetalingInskrywingsvorm
Raak betrokke
​
Kampinligting

Wat is alles ingesluit?
Die kampkostes gaan om jou verblyf te dek. Verblyf sluit in: jou slaapplek, drie maaltye ʼn dag, peuselhappies en dinge vir die dors. Dit sluit ook ʼn kampboekie in wat jou handleiding is vir die kamptema-gesprekke, groepsessies en aktiwiteite.
Hierin word verduidelik wat elke onderafdeling behels en daar word ook ʼn program ingebind, waarin jy kan volg hoe ons jou van hallo-sê tot koebaai-sê gaan vermaak.
 
Bediening
Die oggend begin met stiltetyd – of soos ons dit noem, Jabbokstilte. Daarna word die kamptema elke oggend vanuit ʼn ander subtema toegelig deur een van die predikante. Dit word opgevolg deur verdere besprekings in groepsverband (onder leiding van die groepleiers). Later in die dag het ons groepsbesprekings in die vorm van ʼn koffietafelgesprek, om op die praktiese deel van die dag se tema te fokus.
Gedurende die dag word die groepslede in “bidbuddies” ingedeel waar die jongmense vriendskappe kan bou en oor diep (en lighartige) dinge van die lewe met mekaar kan gesels. Hier leer die jongmense ook om saam met mekaar en vír mekaar te bid.
 
Ons het ook gereeld lofprysinggeleenthede op die kamp wat begelei word deur ons musiekgroep. Hier word psalms en ander geestelike liedere gesing om die lof van die Here te besing.
Ons vind dat die jongmense op hierdie kamp die gemeenskap van gelowiges prakties beleef en leer hoe om mekaar te bedien. Hulle raak ook bewus van hoe God Homself op ʼn besonderse wyse elke dag aan jou bekend maak deur middel van Sy Woord, ons persoonlike gebed en waar die Gees ons lei deur ons interaksies met mekaar en ander mense.

Hoe ʼn dag op Mootkamp lyk:
07:00 Jabbokstilte (net na koffie en beskuit).
08:00 Ontbyt
09:00 Temabespreking – predikant lig die tema van die dag toe.
09:30 Bybelstudie in groepsverband (rakende die tema van die dag).
11:00 Aktiwiteit
12:00 Middagete en siësta
14:00 Terugkoppeling – kinders en groepleiers bespreek bybelstudie met die predikante.
15:00 Volleyball
18:00 Aandete
19:00 Aktiwiteit
20:00 Afsluiting deur te reflekteer op wat die dag bespreek is, lofsang, skriflesing en gebed.

PS: moenie bekommerd wees nie, daar is genoeg vrye tyd vir rus, gesels en pret hê.

Mootkamp Paklysie:
  • Klere (dit sluit warm klere, onderklere, ou klere (so ‘n stel of twee) vir lekker sports, skoene en al daardie goedjies in)
  • Beddegoed (kussing, slaapsak, ekstra komberse, want dit kan nogal koud raak daar, warm watersak
    as jy 'n meisie is (ouens moet nie eers daaraan dink nie) en stortgoed (bring asb stortgoed, ons hou van skoon mense).
  • Bordesakkie (messe, vurke, borde, bekers, Bakkies Botha of chopsticks as jy nie met messe en vurke wil eet nie). Daar is wel 'n krat met eetgerei in, maar jy moet met die bakterieë baklei om 'n kans te kry om dit te gebruik (dis net 'n grappie, hoor)
  • 'n Bybel (dit is immers 'n kerkkamp)
  • Skryfbehoeftes
  • Lekkernye vir die groepleiers
  • As jy enigsins musikaal is, pak jou panfluit in
  • Lekkernye vir die groepleiers
  • Flits
  • Laastens, bring genoeg warm klere, dit word koud daar!

Bankbesonderhede:
Juventus Studente Organisasie
Bank: ABSA Spaarrekening

Rekeningnommer: 935 046 9935
Takkode: 632 005
​Verwysing: [kampganger se naam] + moot




Mootkamp


Kontak ons

Kampinligting

inskrywingsvorm

raak betrokke

foto's


​

© COPYRIGHT 2021 ALL RIGHTS RESERVED.
​Besoek die regering se amptelike Covid-19-webwerf om op hoogte te bly. Klik hier
  • Home
  • Kampinligting
  • Fotos
  • Raak Betrokke
  • Kontak ons
  • Inskrywingsvorm/ Bewys v. Betaling