MOOTKAMP
  • Home
  • Kampinligting
  • Fotos
  • Raak Betrokke
  • Kontak ons
  • Inskrywingsvorm/ Bewys v. Betaling
Picture
​
Kampinligting

Wat is alles ingesluit?
Die kampkostes gaan om jou verblyf te dek. Verblyf sluit in: jou slaapplek, drie maaltye ʼn dag, peuselhappies en dinge vir die dors. Dit sluit ook ʼn kampboekie in wat jou handleiding vir die kamptema, lesings en aktiwiteite sal wees. Hierin word verduidelik wat elke onderafdeling behels en daar word ook ʼn program ingebind, waarin jy kan volg hoe ons jou van hallo-sê tot koebaai-sê gaan vermaak.
 
Bediening
Die oggend begin met stiltetyd – of soos ons dit noem, Jabbokstilte. Daarna word die kamptema elke oggend vanuit ʼn ander subtema toegelig deur een van die predikante. Dit word opgevolg deur verdere besprekings in groep verband, onder leiding van die groepleiers. Later in die dag het ons groepsbesprekings in die vorm van ʼn koffietafel gesprek, om op die praktiese deel van die dag se tema te fokus.
Gedurende die dag word die groeplede in “bidbuddies” ingedeel waar die jongmense vriendskappe kan bou en oor diep (en lighartige) dinge van die lewe met mekaar kan gesels. Hier leer die jongmense ook om saam met mekaar en vír mekaar te bid.
 
Ons het ook gereeld lofprysinggeleenthede op die kamp wat begelei word deur ons musiekgroep. Hier word psalms en ander geestelike liedere gesing om die lof van die Here te besing.
Ons vind dat die jongmense op hierdie kamp die gemeenskap van gelowiges prakties beleef en leer hoe om mekaar te bedien. Hulle raak ook bewus van hoe God Homself op ʼn besonderse wyse elke dag aan jou bekend maak deur middel van Sy Woord, ons persoonlike gebed en waar die Gees ons lei deur ons interaksies met mekaar en ander mense.

Hoe ʼn dag op Mootkamp lyk:
07:00 Jabbokstilte (net na koffie en beskuit).
08:00 Ontbyt
09:00 Temabespreking – predikant lig die tema van die dag toe.
09:30 Bybelstudie in groepsverband, rakende die tema van die dag.
11:00 Aktiwiteit
12:00 Middagete en siësta
14:00 Terugkoppeling – kinders en groepleiers bespreek bybelstudie met die predikante.
15:00 Aktiwiteit
18:00 Aandete
19:00 Aktiwiteit
20:00 Afsluiting deur te reflekteer op wat die dag bespreek is, lofsang en skriflesing en gebed.

Mootkamp Paklysie:
  • Klere (dit sluit warm klere, onderklere, ou klere (so ‘n stel of twee) vir lekker sports, skoene en al daardie goedjies in)
  • Beddegoed en stortgoed (kussing, slaapsak, ekstra komberse, want dit kan nogal koud raak daar, warm watersak
    as jy 'n meisie is (ouens moet nie eers daaraan dink nie) (bring asb stortgoed, ons hou van skoon mense))
  • Bordesakkie (messe, vurke, borde, bekers, Bakkies Botha, chopsticks as jy nie met messe en vurke wil eet nie)
    (daar is wel 'n krat met eetgerei in, maar jy moet met die bakterieë baklei om 'n kans te kry om dit te
    gebruik> dis net 'n grappie hoor)
  • 'n Bybel (dit is immers 'n kerkkamp)
  • Skryfbehoeftes
  • Lekkernye vir die groepleiers
  • As jy enigsins musikaal is, pak jou panfluit in
  • Lekkernye vir die groepleiers
  • Flits
  • Laastens bring warm klere, dit word koud daar!

Bankbesonderhede:
MOOTKAMP
Tjekrekening
62470222680
FNB 252 045



Mootkamp


Inligting

Inskrywingsvorm
Raak betrokke
Kampinligting
Logistiek

Kontak

Kontak ons
© COPYRIGHT 2015. ALL RIGHTS RESERVED.
  • Home
  • Kampinligting
  • Fotos
  • Raak Betrokke
  • Kontak ons
  • Inskrywingsvorm/ Bewys v. Betaling