MOOTKAMP
  • Home
  • Kampinligting
  • Fotos
  • Raak Betrokke
  • Kontak ons
  • Inskrywingsvorm/ Bewys v. Betaling
Picture

Wat is Mootkamp?

Picture
Mootkamp is ʼn kamp van die Gereformeerde Kerke se streeksinode Pretoria. Moot is in 1988 gestig in opdrag van die streeksinode met die doel om die jeug op te vang, sodat aktiewe lidmate gekweek word vir die GKSA.
​
By die Mootkamp bou jongmense in ʼn Christelike omgewing nuwe vriendskapsbande terwyl hulle ook saam nader aan hulle hemelse Vader groei. Daar is lus-vir-die-lewe studente wat saam kamp om leiding te neem in gesprekke en vrae oor die betekenis van Christenwees in vandag se tye.
In die af-tye van die dag fokus ons ernstig daarop om pret te hê. Ons gesels, speel volleyball, huil, lag, huil van die lag en geniet die lewe saam met lewenslange geloofsvriende.
Mootkamp is in die verlede geken as ʼn skoolverlaterskamp vir standard 9 en matrieks. Nou word dit aangebied as 'n kamp vir graad 10, 11 en 12's. Die behoefte aan hierdie kamp onder ons jongergenerasie het duidelik geword en daarom het ons ʼn tweede weergawe van Moot begin vir 'n jongergroep skoolgaande kinders van graad 7 tot 9. 


MOOT Graad 10 - 12
22 - 29 Junie
​
R850
Tema: Verwonderd
~hoe Christus se wonde myne genees

Fraaibos Natuurkamp
​
Follow ons op Instagram:  mootkamp_
​www.instagram.com/mootkamp_?r=nametag


​
​


Picture

Mootkamp


Inligting

Inskrywingsvorm
Raak betrokke
Kampinligting
Logistiek

Kontak

Kontak ons
© COPYRIGHT 2015. ALL RIGHTS RESERVED.
  • Home
  • Kampinligting
  • Fotos
  • Raak Betrokke
  • Kontak ons
  • Inskrywingsvorm/ Bewys v. Betaling